top of page

OOR ONS

WIE IS ONS?

Die Instituut vir Reformasie in Suid-Afrika (IRSA) bestaan om ons Reformatoriese geskiedenis te herontdek, herwaardeer, en uit te bou as katalisator vir ware Bybelse Reformasie in ons eie dag en die toekoms. Ons beywer ons om nie net predikante en pastore nie, maar ook leiers in gemeentes en besorgde lidmate toe te rus en mobiliseer vir hierdie missie.

"Die grootste aanslag teen die ware Kerk is die kritiese teologie"

AGTERGROND

Ons hedendaagse tyd word gekenmerk deur geestelike misleiding, verwarring, en ‘n verdraaing van ons Reformatoriese geskiedenis wat teweeg gebring is deur voorstanders van ‘n radikale ommekeer in Skrifbeskouing. Die ewige Woord van God is vervang met die altyd-veranderende filosofië van die mens. Die evangelie is nie net begrawe nie, maar diskriminasie en vervolging van hulle wat nog daardie evangelie glo, leer en verkondig het ‘n werklikheid geword. 
 

Aan die ander kant het van ons Reformatoriese kerke nie altyd daarin geslaag om ons nasie se sondes te vermy nie, hieronder tel rassisme, gebrekkige omgee vir die armes, gebrek aan persoonlike heilige lewenswandel, koloniale meerderwaardigheid, materialisme, ‘n verbruikersmentaliteit, en ‘n louheid in ons sendingywer aan hulle wat nie deel van ons groep is nie. 

"Die ewige Woord van God is vervang met die altyd-veranderende filosofië van die mens."

WAT ONS DOEN

JAARLIKSE REFORMATORIESE KONFERENSIE

‘n Reformatoriese Konferensie wat kan dien as intellektuele stimulus en aansporing vir hartgrondige en ware Bybelse Reformasie in ons eie dag.

NUWE REFORMATORIESE UITGEWERY

Ons vestig ‘n nuwe uitgewery wat jaarliks boeke vir die konferensie produseer, met die vooruitsig dat meer publikasies in lyn met die visie en missie van die Instituut sal volg.

As dit die Here behaag en vennote daarvoor stuur, is ons ook van voorneme om ‘n goed toegeruste Reformatoriese biblioteek te vestig. 

REFORMATORIESE TOERUSTING EN ONDERSTEUNING VIR PLAASLIKE GEMEENTES

Uitreike na kerke, leraars en indiwidue wat ons belydenisgrondslag en missie deel. Die Instituut is beskikbaar vir kerke wat behoefte het aan inligtingsessies, lesings en seminare om hulle te sterk in hulle begeerte om getrou aan die Skrif in ons dag te bly.

TEOLOGIESE TOERUSTING EN OPLEIDING

Ons beplan ‘n teologiese opleidingsmodel wat teruggaan na die Skrif en Reformasie, onafhanklik van die staat, waar opleiding vanuit plaaslike gemeentes uitgaan. Dit sal bestaan uit teologiese reekse, aangebied en geproduseer by kerke en konferensies, wat oor tyd ‘n organiese teologiese kurrikulum sal vorm. 

Manne wat geroep is tot die Bediening van die Woord is welkom om ons te kontak vir Teologiese Opleiding.

Kontak

PostNet Suite #027

Privaatsak X5071

Stellenbosch 7600

  • Youtube

Kontak ons

INSTITUUT VIR REFORMASIE IN SUID-AFRIKA NPC (2023/157556/08)

bottom of page