top of page

Voor die Troon van Genade: Die Plig en Voorreg van Gebed

R120.00Price

M et die lees van Puriteinse werke, besef ’n mens gou dat hulle in dieselfde geestelike stryd gewikkel was as waarin ons onsself vandag bevind – die stryd teen die duiwel, ons sondige vlees en die wêreld. Die Puriteine was egter bekwame en goed toegeruste soldate. Hulle het die Bybel baie goed geken en liefgehad, en kon die swaard van die Woord en die skild van geloof met groot vaardigheid gebruik. Hulle het daarna gestreef om hul kosbare Verlosser en ewige beloning in die hemel altyd voor oë te hou. Dit het hulle in staat gestel om getrou te bly, en om dapper en blymoedig te volhard – selfs te midde van beproewing en vervolging. Ten spyte van die bykans 400 jaar wat sedertdien verloop het, het die Puriteine ’n rykdom van wysheid om aan die hedendaagse Christen te bied. Ons kan by hulle leer oor sonde, bekering, ware geloof, nederigheid en afhanklikheid van God, liefde vir ons naaste, die lees en oordenking van die Woord van God, volharding te midde van beproewing, en veral oor gebed – daardie belangrike plig en groot voorreg van elke Christen.

Quantity

Contact

PostNet Suite #027

Privaatsak X5071

Stellenbosch 7600

  • Youtube
  • Facebook
  • Twitter

Contact us

INSTITUUT VIR REFORMASIE IN SUID-AFRIKA NPC (2023/157556/08)

bottom of page